Skip to content

Vir dié opdrag gee God hierdie belofte.

Mandatory link to COVID-19 portal

https://sacoronavirus.co.za/

Openbaring 3:8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het ‘n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.

Hoekom ‘n bidbeertjie?

bb007elkeaand

Hierdie is nie gewone gebreide beertjies nie. Meeste beertjie-projekte is humanitêr, “ek is jammer vir jou” bere.
Hierdie beertjie is toegedraai in gebede en elkeen wat so ‘n beertjie ontvang, ontvang ‘n belofte van God.
Die Heilige Gees openbaar wie die Bidbeertjie moet kry. Ouderdom tel nie.
Ontvangers moet die boodskap verstaan en aangemoedig word om dit elke aand en oggend te herhaal.
Dié bidbeertjie is ‘n saamslaap, troetelmaatjie, of selfs ‘n kussinkie onder die kop.
Elke aand voordat die ontvanger aan die slaap raak, sê hy/sy hardop “Jesus Loves me “ en onthou dat daar iemand is wat vir hom/haar bid.
Môreoggend is dit die eerste boodskap vir die nuwe dag.