Skip to content

Patroon: Stap vir stap.

1. Voetjie:

steke-opsitSteke-opsitPatroon: Sit 16 steke in basiskleur op. Brei 6 riffies om voetjie te vorm.
Terwyl jy brei oordink: Habakuk 3:19 Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos die van‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.
Gebed: Jesus, die beertjie se voete laat my bid dat hierdie mens se voete in U voetspore sal trap en dat hy of sy U sal volg deur sy/haar hele lewe.

2. Bene:

benePatroon: Met regterkant van diebene breiwerk na jou toe, verander na die kleur wol vir die broekie en brei 17 riffies terwyl jy met God gesels oor die ontvangertjie se bene.
Deuteronomium 6 :14 Jy mag nie agter ander gode aanloop nie, ook nie die gode van die volke in jou omgewing nie, want die Here jou God eis onverdeelde trou aan Hom.
Gebed: Here, bewaar asseblief hierdie mens se bene dat hulle nooit saam met moeilikheidmakers na slegte en gevaarlike plekke sal loop nie

3. Heupe:

heupeheupePatroon: Brei twee identiese voete en bene. Brei albei bene op een naald met die volgende ry. Brei dan vir die heupe 8 riffies in dieselfde kleur as die bene en oordink
Lukas 12:35 Wees gereed, die heupe omgord en die lampe aan die brand. In Bybelse tyd het jy ‘n band om jou heupe gebind as jy regmaak vir ‘n geveg of moeilikheid.
Gebed: Here, wees Uself asseblief die band om hierdie mens se heupe en maak hulle sterk.

4. Bors (HEMP) en hart :

borsborsPatroon: Met regterkant van breiwerk na jou, verander die kleur na die hempie se kleur en brei 17 riffies . Spreek Joh.3:16 oor die ontvanger van hierdie beertjie uit en bevestig dit met die boodskap wat op die borsie van die beertjie sal kom.
Johannes 3:16 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat die wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.
Gebed:O Heilige Gees, gee assehartblief die verstaan en die verlange na verlossing.

Teddie se boodskap uit Jesus se hart: Elke aand voordat jy met jou kop op die beertjie se bors aan die slaap raak, lees die boodskap op sy hart.
Gebed:Here, laat die mens asseblief die konsep verstaan en dit GLO .

5. Kop Patroon:

kopBrei met basiskleur die volgende ry regs en dan aweregs om koussteek te vorm. Brei ‘n 22cm strook vir die kop. Die agterkop kan net regs gebrei word.
Oordink: Spreuke 2: 1-6 My seun/dogter, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf jou eie…
Gebed terwyl jy die kop brei: Here, ek smeek U dat U hierdie mens se verstand sal aanraak. Gee asseblief die wil om U Woord te lees, dit te glo en te leef. Laat dit vir dié mens maklik wees om met U te praat

6. Rug Patroon (Agterkant van die beertjie):

rugVerander weer die kleur aan regterkant en brei 17 riffies vir ‘n hemp, dan weer 8 riffies vir heupgedeelte van broek. Verdeel die 32 steke op twee naalde (16 per naald) . Brei 17 riffies vir die been, skakel oor na lyfiekleur en brei 6 riffies vir voet. Heg af. Brei tweede been identies. Terwyl jy die teddie voltooi dank God vir die vergewing van sondes en oordink Jesaja 38:17 …want U het al my sondes agter U rug gegooi.
Gebed: Here, Heilige God, ek dank U vir die genade dat Jesus my en hierdie ontvangertjie se sondes kom wegneem het en dat U nooit weer daaraan dink nie.

7. Arms:

 Patroon:Vou die gebreide beer se kopgedeelte dubbeld en werk die kopnate weerskante toe tot op die skouernaat. Werk die hoeke van die kop wat die oortjies sal vorm effens rond .

arms2Met regterkant van breiwerk na jou, tel 7 riffies van onderkant van hemp af. Begin arm.Brei 10 steke langs die kant van die voorpant op. Brei 2 steke op die skouernaat en nog 10 steke aan die agterpant van die hemp met dieselfde kleur. Brei 10 riffies om die arm te vorm en skakel oor na lyfiekleur vir die hand.
Oordink Psalm 89:14 U het ‘n magtige arm, sterk is U hand, kragtig is U regterhand.
Gebed: Soos ek die armpies brei, onthou ek hoe sterk God se arms is en ek vra: “Here,maak asseblief U arms oop en vou arms3hierdie mens in U liefde toe.

8. Hande Patroon:

arms1Brei 6 riffies regs(plain) in die lyfiekleur en heg dan af.
Die teddie se handjies wil jou seën met Samuel se seënbede vir Saul in 1 Samuel 10 :6 Ek bid dat die Gees van die Here kragtig in jou sal werk… Jy saam met hulle as profeet sal optree en ‘n ander mens word. Wanneer hierdie tekens oor jou kom, moet jy doen wat jou hand vind om te doen,

AFWERKINGafwerking
1 . Kop : Synate is aanmekaar gewerk om arms te kan brei. Werk aan die verkeerdekant die hoek weg. As jy die kop omdop is die hoek gerond vir ‘n ronde oortjie .
1.2. Werk die res van die beer se voor- en agterpante aanmekaar. Maak seker dat kleure ooreenkom.
1.3.Los’n opening om deur te kan stop. Tussen die bene of onder die arm werk goed.
ore2.Ore: Maak eers ore voordat beertjie gestop word. Geen stopsel in ore nie. Werk ore met rygsteek en enkeldraad wol aan die regterkant van breiwerk 3 cm driehoek (fig). Trek styf en werk stewig weg. Ryg met enkeldraad wol al om die buiterand van die oortjie en vorm om duim. Werk die wol stewig vas en werk weg.

stopkop3. Stop die beertjie se kop redelik styf, Die nek moet ook stopsel in hê, anders het die beer ‘n slap nek. Werk toe en heg los drade goed vas.

stopnek4. Nek . Ryg met ‘n dubbelde woldraad rondom die gestopte nek, waar hemp en kop bymekaar kom.Trek regterkant se draad links en linkerdraad se wol regs oorkruis en knoop met dubbele knoop stewig vas.

snoet7.Snoet:Gebruik ovaal sjablone en speld mooi in die middel van gesiggie, 1 cm van die nek af op gesig vas.
7.1 Rygsteek rondom sjablone en trek die enkel woldraad in tot snoet die verlangde grootte is.
7.2 Werk met breinaald van die stopsel in die snoetjie in om sy vorm te behou. Werk die rygdrade stewig weg. Werklike grote vir snoet .

8. Gesiggie: Sien die Video

9.Das:

Sit 7 steke op en brei 20cm lang strook. Knoop met dubbelknoop om nek.

10.Logo:

logohartRafel rante uit tot by swart strepie. Werk met dubbelgare, een ry met wit gare op wit materiaal en swart gare met rygstekies op die swart strepie.Werk twee rye rygstekies op bidbeertjie se borsie vas.

11. Maak boeksak van Manilla karton.
Laai af: Rugsak

rugsakkieMetode: Knip die fotostaat uit, vou sodat merke aan binnekant ooreenkom. Smeer baie dun lagie gom aan die sykante en druk vas. Vou oorslag van boeksak terug sodat die merkies vir ponsgaatjies sigbaar is en pons deur oorslaanklappie en rugkant van die boeksakkie. Vou terug oor die sakkie Ryg toutjie om boeksak mee vas te maak hierdeur. Vasmaak:Toutjie kom vorentoe bo-oor armpies en onderdeur terug. Knoop en strik bo-op oorslag.

12. Bidbriefie: Laai af: Bidbriefie

Twee bidbriefies op 1 blaai. Sny briefieblaai middeldeur. Vou sig-zag. Beertjie op die voorkant Teddie-tannie skryf haar naam binne in. Plaas in boeksak .